Diane Keaton

Diane Keaton
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Diane Keaton in 2011

Geboortenaam Diane Hall
Geboorte 5 Januarie 1946 (1946-01-05)
Los Angeles, Kalifornië
Nasionaliteit Verenigde State van Amerika
Beroep(e) Aktrise, regisseur, vervaardiger, skryfster
Aktiewe jare 1968-tans
Webwerf dianekeaton.com

Diane Keaton (gebore as Diane Hall,[1] * 5 Januarie 1946 in Los Angeles, Kalifornië) is ’n Amerikaanse aktrise, regisseur, draaiboekskryfster en vervaardiger. Benewens haar aktiwiteite in die vermaakbedryf is sy ook ’n fotograaf, eiendomsontwikkelaar, skryfster en soms sangeres. As beskermdame van kunste stel sy besondere belang in argitektuur en fotografie. Sy is die uitgewer van verskeie boeke oor fotografie. Tans dien sy as direkteur in die Board of Directors (bestuursraad) van die Los Angeles Conservancy, 'n organisasie sonder winsoogmerk wat op die bewaring van Los Angeles se historiese argitektoniese en kulturele erfenis fokus.[2][3]

Keaton het in Beverly Hills gewoon voordat sy haar nuwe huis in Los Angeles in samewerking met die argitekte-ateljee Cynthia Carlson Associates, Inc. ontwerp het.[4] Die projek, wat in 2017 voltooi is, is in Diane Keaton se boek The House that Pinterest Built gedokumenteer.

  1. Philip French. "Then Again: A Memoir by Diane Keaton – review". the Guardian (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 7 Oktober 2015.
  2. LA Conservancy: Board of Directors 2017-18. Besoek op 27 Mei 2018
  3. Tim Street-Porter (red.): Los Angeles. Photographs by Tim Street-Porter. Introduction by Diane Keaton. New York, NY: Rizzoli International Publications 2008, omslagteks
  4. Cynthia Carlson: Diane Keaton RRR Residence. Besoek op 27 Mei 2018

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search